Mbombela Family Photographs-Du Rand- Nelspruit Family photography

 

Ag Lizette toe julle in my studio in gestap het die eerste keer was ek mal oor julle. Ek kan onthou hoe Bosman se oë so ge-“sparkle” het oor sy seun Rieghardt en hoe hy vir jou gekyk het. Ek kan nog julle newborn sessie onthou…ons het so lekker gechat en ek het skoon vergeet dat ek werk. Julle was laas December weer by my en daai klein Rieghardt was net bek en spog van die smiles…..so gelukkig. Bosman se skouers was duidelik breedt oor sy vrou en sy seuntjie. Rieghardt is Bosman se mini me….Bosman was so vinnig weg geneem dat ek dit nie eers kon glo nie….maar dis feite….Jou wêreld  is in n oomblik verander. Ek bid dat jy altyd die goeie tye sal onthou. Ek kyk na Rieghardt en ek sien Bosman in hom….in sy oë….nes Bosman….as hulle lag dan trek hulle oë so toe…..kosbaar……Rieghardt was nie sy bubbly self by die  nie maar ek kon dit so verstaan….Lizette moet nooit vergeet wie jy is nie…..Jy is n kind van God en Hy sal julle albei deur hierdie moeilike tyd bring. Eendag sal julle almal weer saam wees…..

 

 

 

 

 

 

 

Share the Post